Vier persone, tussen 25 en 35 jaar oud, is in Monte Vista in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met ʼn perlemoen-prosesseringsaanleg.
Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het tydens ʼn misdaadintelligensie-operasie ʼn huis in die voorstad deursoek en op die prosesseringsaanleg afgekom. “Buiten die groot hoeveelheid perlemoen, is daar ook beslag gelê op perlemoen-prosesseringstoerusting.”
Hy het gesê die polisie probeer steeds die geraamde waarde bepaal, in samewerking met die departement van landbou, bosbou en visserye.
“Ons sal steeds bly fokus op misdadigers in ons provinsie wat ons kosbare mariene hulpbronne stroop vir winsgewende buitelandse markte.”
welgedaan, weer baie dooie perlemoen gered. vang hulle eerder waar hulle helder oordag voor almal perlemoen uit die see uit dra by Pearly Beach
Het hulle “cable-ties” opgeraak aangesien net twee van die vier wat vas is, vas is…..??
Hoekom is slegs 2 geboei?