Vier vas oor plundering

handcuffs3-320x257Vier mense is in Vryheidspark naby Rustenburg in Noordwes in hegtenis geneem nadat daar winkels geplunder is.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die mans is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem tydens ʼn grootskaalse operasie om op gevaarlike wapens beslag te lê. “Die polisie het vier verdagtes tussen die ouderdomme van 26 en 40 in hegtenis geneem. Die verdagtes is in besit gevind van kruideniersware.”

Ngubane sê die kruideniersware is vermoedelik op 26 en 27 April gesteel toe talle winkels in die gebied geplunder is. “Die verdagtes het glo aan die polisie gesê dat hulle die kruideniersware gesteel het gedurende die openbare geweld verlede week.”

Ngubane sê daar is ook tydens die operasie op verskeie gevaarlike wapens soos messe, knopkieries, pangas, spiese, staalpype en byle beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.