Vier vas oor R2 miljoen se vervalste geld

(Foto verskaf deur SAPD Gauteng)

Vier persone is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vervalste geld.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê twee vroue, onderskeidelik 57 en 58 jaar oud, en twee mans, 36 en 48 jaar oud, is Vrydag in Aucklandpark, Johannesburg, in hegtenis geneem.

“Polisiebeamptes van die Gautengse handelsmisdaadeenheid en misdaadintelligensie het inligting ontvang oor persone wat vervalste geld besit en beplan om ʼn misdaad te pleeg,” het Masondo gesê.

“Beamptes het op die vier verdagtes toegeslaan. Hulle het R2 miljoen se vervalste geld in hul besit gehad. ʼn Beampte van die Reserwebank het bevestig die note is inderdaad vervals.”

Die persone sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hasie ·

Leka man leka Kom ons kry printer en loop oop…ek kort ook so paar rand of miljoen of 2

Nie Verbaas ·

En dan is dit nog power vervalsings ook. Wie wou hulle hiermee om die bos lei?

Marius Gerhardus ·

En so gaan Suid Afrika net verder en verder agteruit. Hulle vervals die note….en kani eers n goeie job vani vervalsing maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.