Vier vas oor verkragting van meisies in Noord-Kaap

Argieffoto

Vier verdagtes is in twee afsonderlike gevalle in hegtenis geneem in verband met die herhaaldelike verkragting oor ʼn paar maande van twee meisies, onderskeidelik vyf en sewe jaar oud.

In die eerste geval het beamptes van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Galeshewe in Kimberley ʼn 20-jarige man in hegtenis geneem in verband met die herhaaldelike verkragting van ʼn vyfjarige meisie, het brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die oortredings is glo oor ʼn twee maande periode tussen 1 Februarie en 26 Maart vanjaar gepleeg in Mataleng in Barkley-Wes, noordwes van Kimberley. “Die slagoffer het in daardie tyd by haar ouma gebly omdat haar ouers buite die Barkley-Wes-gebied gewerk het.”

Inligting oor die verkragting is op 1 Julie onthul en die polisie is later in kennis gestel. “Die verdagte sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn. Enige poging om die verdagte op borgtog vry te laat, sal teengestaan word,” het Ramatseba benadruk.

In ʼn onverwante saak is drie verdagtes, onderskeidelik 29, 30 en 60 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met die herhaaldelike verkragting van ʼn sewejarige meisie. Hulle sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kimberley verskyn.

“Die verkragting het glo tussen Januarie en 25 Junie vanjaar gebeur op ʼn plaas buite Kimberley. Die ondersoek in hierdie saak duur voort,” het Ramatseba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Die beste ding vir jou en ander mense se kinders, is dat ‘n Pa en Ma se oe NOOIT van hulle af is nie. Kyk maar vir die siekke by die Dros! Ons lewe in ‘n siek wereld, en nog ‘n sieker Suid Afrika!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.