Vier vas oor Vrystaat-bejaarde se moord

Die selfoon en juwele wat aan Sophie Gehring behoort het (Foto: SAPD)

Die selfoon en juwele wat aan Sophie Gehring behoort het (Foto: SAPD)

Vier mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 72-jarige Sophie Gehring van Riebeeckstad in die Vrystaat.

“Drie Suid-Afrikaners en ʼn man van Lesotho is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê.

Maroela Media het vroeër berig Gehring is verlede Dinsdag gevind. Haar kop was met ʼn plastieksak bedek en haar hande is stewig vasgebind met ʼn plastiektou. Haar aanvallers het juwele en ʼn selfoon gebuit.

“Die verdagtes is omstreeks 12:00 aangekeer,” het Thakeng gesê. “Hulle is in Thabong in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op ʼn selfoon wat aan die slagoffer behoort het, en juwele wat haar dogter op spesiale dae soos Moedersdag en haar verjaarsdag vir haar gegee het.”

Volgens Thakeng kon die dogter haar ma se selfoon en juwele uitken. “Die drie staan tereg op aanklag van moord en roof.”

Die ondersoekspan is gelei deur ao Elliot Khutsoane. “Die verdagtes sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn. Hulle is almal tussen 26 en 29 jaar oud,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

yvonne maree ·

Hoe ondenkbaar dat ‘n weerlose bejaarde op so ‘n verskriklike nanier moet sterf! Sterkte aan haar familie wat nou hiermee moet wroeg. Doodstraf moet teruggebring word!

Johan ·

Ja dit was my skoonma en dit was die een wat in tuin vir haar gewerk het haar vermoor vir 2 ou selfone en bietjie juwele

Johann Marx ·

As daar nou wetgewing in hierdie landjie is wat dringend verander moet word, dan is dit die wetgewing op selfoon gebruik. Die groot selfoon maatskappye kan jou presies sê van waar jy af bel, en hoe lank jy praat, en wie jy gebel het…..sodat hulle vir jou ‘n rekening kan stuur. Maar as jy ‘n krimineel wil opspoor wat jou geroof, besteel of geliefde vermoor het…….dan moet jy eers ‘n hofbevel kry voordat die selfoon maatskappy hulle inligting sal bekend maak. As die selfoon maatskappye begin saamwerk, en die SAPD in geval van ‘n misdaad onmiddelik bystaan….sal baie meer misdade baie vinniger opgelos word.

Hettie ·

Doodstraf moet terug!!!!! Sterkte aan haar familie en vriende!

Theresa ·

Sal interessant wees om statistiek (ware statistiek) te sien oor hoeveel mense wat in tuine en huise deur die jare heen gewerk het en tien teen een selfs bietjie bederf was so dan en wan met ietsie ekstra, op die ou end die werkverskaffer en weldade met moord beloon. Sal seker nooit so ‘n statistiese rekord die lig sien nie.

chris ·

Johan, wil net sê ons innige simpatie met jou skoonmoeder se sinnelose dood. Jy gee werk en kos en genoeg dagloon vir sulke gemors en dit is wat gebeur !!! Baie sterkte aan jou en jou familie . Mag God julle in die besonder bystaan in die donker tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.