Vier vas oor wapens, gekaapte voertuig

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Vier mense is in Olifantsfontein en Tembisa, suid van Pretoria, in hegtenis geneem nadat ’n gekaapte voertuig, vuurwapens en ammunisie glo in hul besit gevind is.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het gesê speurders van die polisie se nasionale ondersoekeenheid het inligting ontvang dat ʼn luukse sedan wat in November verlede jaar in Cleveland gekaap is, in die Tembisa-area gesien is. Die beamptes het die inligting opgevolg en die voertuig in Olifantsfonteinweg gewaar.

Volgens Makgale het die beamptes die motor van die pad afgetrek en die twee insittendes in hegtenis geneem. Daar is vasgestel dat dit die gekaapte motor is. Die beamptes het die motor deursoek en daar is op ʼn 9 mm-pistool, 13 rondes ammunisie en ʼn leë R5-magasyn beslag gelê. Die bestuurder van die motor het die polisie na ʼn huis in Tembisa gevat waar die R5-aanvalsgeweer gevind is.

ʼn Man en vrou wat in die huis was, is ook in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Tembisa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.