Vier vas oor wapens

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Vier mense is in hegtenis geneem nadat daar vuurwapens gevind is op ʼn kleinhoewe in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, het die SAUK berig.

Johannes Jafta, woordvoerder van die polisie, het aan die openbare uitsaaier gesê die polisie het ʼn wenk ontvang nadat bure geweerskote gehoor het op die kleinhoewe.

Die polisie het onder meer op nege vuurwapens, ammunisie, handgranate en dagga beslag gelê. Jafta het gesê die oorsprong van die vuurwapens en ammunisie word ondersoek.

Die drie mans en ʼn vrou, tussen 26 en 30 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

4 mense van watter land afkomstig is dit weer insuipelaars want hulle neem oor in hierdie land .In die vorige jare het n mens nie sulke probleme gehad maar dit raak nou erg ,en daar word niks gedoen verban alle buitelanders,dan is hier meer werk vir die land se mense as hulle wil werk by gese

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.