Vier vas oor Woolworths-betoging

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense is in Claremont, Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle betoog het as deel van ʼn veldtog om Woolworths te boikot.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mans en ʼn vrou is Saterdag in hegtenis geneem op aanklag van intimidasie, betreding en die oortreding van ʼn hofbevel.

Erwin Arrison, voorsitter van die National Coalition for Palestine (NC4P), het gesê vier lede van die Action Forum for Palestine (AF4P), is tydens ʼn nie-gewelddadige betoging by die Woolworths-winkel in die Cavendish-winkelsentrum in hegtenis geneem.

“Volgens berigte het Woolworths die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontbied om die #BoycottWoolworths-aktiviste in hegtenis te neem. Woolworths het hulle valslik daarvan beskuldig dat hulle lede van die Boycott, Divestment and Sanctions in South Africa (BDS) is en dat hulle ʼn hofbevel oortree het,” het Arrison gesê.

Volgens Arrison is die vier egter nie lede van BDS nie. “BDS het ingestem om te goeder trou nie in Woolworths-winkels te betoog nie weens die hofbevel. Die hofbevel is egter nie van toepassing op ander organisasies wat nie deel is van BDS nie.”

Volgens Arrison word daar ʼn nagwaak buite Claremont-polisiestasie gehou in solidariteit met die vier mense wat in hegtenis geneem is.

Die veldtog om Woolworths te boikot gaan oor die groep se voortgesette handel met Israel ná die uitbreek van die oorlog in Gasa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cathy Kotze ·

En steeds reent die missiele op woongebiede in Israel neer. Heelwat Palestynse moeders moedig hulle hulle seun(tjie) aan om selfmoord aanvalle in Israel uit te voer.

” If only half as much concern were being given to crimes against humanity in Syria, Iraq, Egypt, Libya, and other Muslim countries where no Jew can be found to blame. It is not that Hamas is worse, but that it’s methods are universal.”

Grassie ·

Ek wonder waarom word Woolies uitgesonder. Daar is tog seker baie ander besighede wat ook Israel se produkte vekoop.
Om ‘n besigheid te boikot deur nie by hulle te koop nie is seker elke mens se goeie reg. Om egter ander mense wat wel daar wil koop te probeer verhoed of te intimideer is krimineel en hoort nie in ‘n beskaafde land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.