Vier vas toe polisie rooftog fnuik

Argieffoto

Die Maclear-polisie in die Oos-Kaap het ʼn gewapende rooftog by ʼn poskantoor gefnuik toe inligting oor verdagte mans ontvang is.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het Vrydag vier mans, tussen 27 en 35 jaar oud, in hegtenis geneem vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en nog drie persone word ondervra. Die verdagtes, van wie sommige uitlanders is, het vermoedelik ook ander winkels in Matatiele en Maclear geteiken.

“Die polisie stel ondersoek in om te bepaal of die verdagtes ook met ander rooftogte in die gebied verbind kan word,” het Kinana bygevoeg. Die mans se identiteit kan eers bekend gemaak word nadat hulle Maandag in die Maclear-landdroshof verskyn het.

Volgens berigte is die verdagtes van Zimbabwe en Malawi en een persoon is van Suid-Afrika.

“Al vier verdagtes is tans in polisieaanhouding as deel van die ondersoek. Een persoon sal aangekla word van die besig van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Verdere aanklagte kan moontlik bygevoeg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

sweis ·

Besit van ongelisensieerde vuurwapen dra n minimum gevangenisstraf van 25 jaar met skuldig bevinding ,as jy iemand vermoor met n ongelisensieerde vuurwapen kry jy 15 jaar waarvan jy met swak gedrag miskien 6 jaar sit is dit belaglik of nie.

Valkoog ·

Hoekom nou kla? Buitelanders stap mos oor grense en kom moor en roof hier. Wat verwag die staat van mense wat te hopeloos is om in hul eie land vir hulself te kan sorg?

sweis ·

4 skelms gevang en 5 polisie lede gearesteer vir korrupsie en diefstal hoe wen jy nou misdaad so?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.