Vier vas vir aanlynvlerksleep-slenter

Argieffoto

Argieffoto

Twee Nigeriese mans en twee plaaslike vroue is Dinsdagaand in Kaapstad in hegtenis geneem weens hul betrokkenheid by aanlynvlerksleep-slenters.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het gesê die verdagtes, tussen 27 en 38 jaar oud, is opgespoor nadat hulle bankrekeninge by verskeie Suid-Afrikaanse banke geopen het en dit gebruik het om geld van niksvermoedende slagoffers te ontvang.

“Een verdagte is in hegtenis geneem kort nadat hy ʼn lokvalpakkie van die Valke by die Postnet in Somerset Mall ontvang het,” het Netshiunda gesê.

Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van die ander drie verdagtes gelei. Die polisie het beslag gelê op vyf skootrekenaars en 12 selfone. Twee van die skootrekenaars het valse profiele gehad, wat geskep is om slagoffers te bedrieg om geld aan hulle oor te betaal.

Die verdagtes moet Donderdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Die Valke het sedert Julie reeds 11 mense, meestal Nigeriërs, in verband met aanlynvlerksleep-slenters in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het gesê sewe slagoffers is sover geïdentifiseer. Hulle is gesamentlik uit bykans R400 000 bedrieg.

Die verdagtes het na bewering valse profiele op aanlynverksleep-webwerwe geskep om vroue te lok. Die verdagtes het met die slagoffers gesels voordat hulle met verskillende scenario’s vorendag gekom het en die vroue gevra het om geld oor te plaas na die verdagtes se bankrekeninge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anoniem ·

Ag nee..regtig mense…Dis jul eie skuld as jul val vir enige slenter op internet. Geen mens betaal enige geld aan enige iemand oor as jy nie seker maak van jou feite nie. Ek het geen simpatie met mense wat so gevang word nie…Ja ek weet ek gaan uitgehaal word…..Iedere en elk weet niks is vandag vertrouens waardig…jy moet eers heeltemal seker maak van alles voordat jy geld in enige iemand se rekening inbetaal maak nie saak wat dit is nie. Jou geld, jou bankrekening, jou ID nommer, jou adres, jou telefoon nommer en en en en en so kan ek aangaanbly altyd vertroulik…………………………………………………………………

Karolis ·

Jy is so vertroulik, jy is eintlik anoniem. Teken jy ook jou naam met ‘n uitveer?
Grap net, jy gee baie wyse raat.

Chantel D ·

Anoniem ek stem saam met jou. In vandag se tyd kan jy mos nie net enige persoon vertrou wat ‘n hartseer storie vertel nie.

Trudie ·

Ek is dapper maar nie onnosel nie. Goeie genugtig dames liefde kan nie gekoop word nie. Word wakker julle maak julself belaglig. Geen simpatie!

Magda ·

Ek stem 100% saam met jou. Kan nie verstaan hoe betaal jy sommer net geld oor in ‘n vreemde person se bank rekening. Ek wil my rekening nommer ook vir daardie dames stuur, dalk is ek ook gelukkig.

KarooKlong ·

En kyk nogal met wie! Dan wil hulle met ‘n soppie storie weer een van ons insleep.
Ek is gelukkig verskriklik geweldig baie versigtig.

Sarie ·

My vriendin hou aan met hierdie soort van ‘verhoudings’. As sy nie geld wil gee nie vloek hulle haar en dreig om naakfotos op internet te plaas. Sy wil nie alleen oud word nie en glo sy gaan ‘n goeie man nog ontmoet. Ek gee op.

GMP ·

Naakfoto’s wat hulle waar kry? Goeie genade – geld gee is een ding, naak poseer is ‘n ander!

Sarie ·

GMP enige fotos. Nie te sê dit is hare nie. Hulle koppel jou naam daaraan. Hulle stuur die mooiste liefdesbriewe en belowe ‘n lewe van luuksheid. Maar…. sê net nee, ek is nie ryk nie.

Vlooi ·

Sarie slaan onwetend die spyker op die kop: “Hulle belowe ‘n lewe van luuksheid”. Dis soos daai ander slenter van hulle, betaal ‘n bedrag geld in om jou wengeld te kry. Hierdie vroue het geld geruik en toe word hulle, verblind deur hul eie gierigheid / geldhonger, lekker vir ‘n ride gevat.

Tanya ·

Alweer Nigeriers. Ek stem met die res hier bo – regtig, hoe hardop moet jy wees om geld oor te betaal aan iemand wat jy nie ken nie. ‘n Man kan hoe nice of aantreklik of watookal wees maar as hy so vroeg al vra vir geld hol mens veeeeeer weg. Block. Delete. Unfollow. Unfriend. Vergeet!

KarooKlong ·

Lida, ek kan dalk verkeerd wees maar hierdie klink meer na vroumense wat dom besluite geneem het.

Sydney ·

Nog ‘n slenter is dat jy 150k se lening kan kry deur Online banking en net jou ID nr deur te stuur asook dat jy toestemming moet gee dat alles nl jou gedoen sal word. Wat dit nogal oorspronklik maak is dat hulle my op my naam aanspreek het met die nodige verwysing nommer en al. Wees bedag hierop moenie eers terug antwoord nie – Delete onmiddelik die sms

Cherokee ·

Nee, jy delete dit nie onmiddelik nie. Jy rapporteer dit eers aan die bedrogafdeling van ‘n bank (as ‘n banknaam betrokke is) of aan die SPAM-afdeling van jou Internet-bediener. Daarna kan jy dit verwyder.

Vissie ·

Jammer, maar ek het geen simpatie met mense wat op hierdie manier ingeloop word nie. Het hulle dan geen werkende selle in hul breins nie? Verlede week kry ek ‘n epos van die Britse “Treasury” af dat ‘n koerier op pad is na my toe met ses miljoen pond. Ek moet net laat weet waar hy dit kan kom aflewer, en in ruil vir die “geskenk”, wil die sender van die epos net graag 40% daarvan terughê. Dis al die hoeveelste van sulke bogstories wat ek kry, en dis met groot graagte dat ek daardie oorwerkte skakel op my toetsbord druk wat lui “Delete”. Maar dit lyk my die vroue wat deur die Nigeriërs (al weer hulle!) ingeloop is, het hul breinselle ook ge-“Delete”.

brenda ·

Hartseer dat mense so onnosel is; in die tegnologiese wêreld waarin ons lewe. Ek weet van heelwat psigopatiese mans wat FB gebruik; nie net vir geld nie maar om vrouens wat alleen is om die bos te lui met leuens! Ai; block en delete; genade; hoe (hard up) moet party vrouens wees?? hartseer……siestog.

Lida ·

Karooklong natuurlik is dit orige vroumense wat val vir die bollie

KarooKlong ·

Lekker lag ek nou. Dankie vir die humor gedeelte daarvan.

danie ·

Wat ek nie verstaan nie is hoekom die selfoon verskaffers nie nommers wat nie geverifieer kan word nie af skakel nie. Dis mos 2016 ek din die tegnologie bestaan om die tipe van misdaad te stop. Ek wonder hoeveel mense nog werk sal be as daar more besluit word om leun verkliker toetse te doen. Want die scammers kry jou inligting van iewers af.

Pendoring ·

@danie – Hulle koop die nommers wettiglik by plekke wat duisende daarvan beskikbaar het. Alle plekke wat jou nommer êrens op rekord het verkoop dit. Ek het selfs my bank betrap dat hulle my inligting verkoop. Banke, Telkom, supermarkte, motorhawens, aanlyn winkels, aflewerings bodes, ens. Ek maak ‘n punt daarvan om ‘n verkeerde nommer op ‘n strokie te skryf as hulle aandring op ‘n nommer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.