Vier vas vir aanval op polisielede tydens sakeroof

Een van die vuurwapens waarop beslag gelê is (Foto: Verskaf)

ʼn Groep van vier rowers is vasgetrek nadat hulle polisiebeamptes tydens ʼn rooftog by ʼn winkelsentrum in Apel, digby Lebowakgomo in Limpopo, aangeval het. Die polisiebeamptes was besig om die winkelsentrum te patrolleer toe die rowers op die vulstasie by die sentrum toegeslaan het.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, sê tydens die rooftog is drie polisiebeamptes gewond. Vier van hul vuurwapens is gesteel. Die verdagtes is ook met ʼn onbekende bedrag geld wat hulle by die vulstasie gesteel het, vort.

“Die drie polisiebeamptes is in die hospitaal opgeneem vir hul wonde. Twee is behandel vir skietwonde terwyl die derde een erg aangerand is. Twee van die beamptes is intussen al ontslaan. Die derde beampte is steeds in ʼn stabiele toestand in die hospitaal,” sê Muridili.

Muridili sê Limpopo se polisie het ʼn 72 uur lange aktiveringsplan net ná die aanval op die polisiebeamptes in werking gestel om die verdagtes so gou moontlik vas te trek.

Twee van die verdagtes, onderskeidelik 25 en 36 jaar oud, is binne etlike ure ná die voorval in ʼn nabygeleë nedersetting opgespoor en in hegtenis geneem. Daar is ook op drie, moontlik gesteelde, voertuie beslag gelê.

Die polisie het Donderdagoggend inligting bekom oor waar die ander twee verdagtes moontlik kan wees. Hulle is toe in die Moroke-nedersetting in die Mecklenburg-gebied gevind waar hulle weggekruip het.

Met hul inhegtenisneming het die polisie op drie vuurwapens beslag gelê. Dit was van die vuurwapens wat tydens die rooftog by die polisiebeamptes gebuit is. Die vierde vuurwapen word steeds gesoek.

Muridili sê die verdagtes, onderskeidelik 24 en 28 jaar oud, wat Donderdag vasgetrek is, word ook verbind met verskeie sakerooftogte in Limpopo en Mpumalanga.

Die twee verdagtes wat eerste vasgetrek is, gaan volgende Donderdag die geleentheid kry om formeel om borgtog aansoek te doen. Hulle is tans in aanhouding.

Die vier verdagtes staan tereg op vier aanklagte van poging tot moord, diefstal, sakeroof en vier aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging. Die twee verdagtes wat laaste in hegtenis geneem is, staan ook tereg op aanklagte van die oortreding van die Immigrasiewet.

Genl. Khehla John Sitole, die nasionale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom. Hy het ook die polisie geloof dat hulle die skuldiges so vinnig opgespoor en vasgetrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Hierdie wesens sal niks oorkom en borg kry waarna hulle soos mis voor die son verdwyn

Yolandi ·

Word so vinnig vasgetrek maar wat van die wat wegkom met plaasmoorde!!!!!!

Fedup ·

Crime is booming.
And the mad hatter is missing.
Not enough cigarettes yet?

Persheks Adri ·

It’s the government Fedup, they are driving the people to be like this. Crime will rise every single day and they do nothing about this! Our lives mean absolutely nothing to them as long as they can be corrupt and steal from us, kill us and the list goes on and on my friend

Misky ·

Vier rowers en drie polisie beamptes……. Hoe kry hulle hulle so maklik oorrompel en wapens afgevat? Vandag se polisie beteken basies niks en hulle is bang vir die rowers. Skandelik en die polisie het al hul mag en gesag verloor.

Prikkie ·

En nou dat hulle vasgetrek is, gaan die belastingbetaler hulle begin kosgee en medies versorg en vir hulle regsverteenwoordigers gee vir die hofsaak! Mooi man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.