Vier vas vir bankroof

Argieffoto

Argieffoto

Twee bankklerke en hul beweerde medepligtiges is in verband met ʼn bankroof in Lusikisiki in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê die bankroof het Vrydag plaasgevind. “Die polisie het na beeldmateriaal van kringtelevisiekameras gekyk waarna die twee klerke, wat in die bank was tydens die rooftog, in hegtenis geneem is.”

Fatyela het gesê nog twee mense is later in Mgobozana in hegtenis geneem en dat daar R1,2 miljoen teruggevind is. Die polisie het ook op ʼn vuurwapen beslag gelê wat vermoedelik tydens die rooftog gebruik is.

Volgens Fatyela vermoed hulle dat daar meer as R1,2 miljoen gesteel is. Die vier verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sonka kruger ·

Baie geluk met julle nuwe opgradering. dis sommer ‘n wenner!

geseende kersfees aan al die personeel!

Sonja

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.