Vier vas vir diefstal van mangatdeksels

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense is in die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat 18 staal-mangatdeksels tydens ʼn klopjag by ʼn skrootwerf opgespoor is.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die verdagtes, tussen 20 en 26 jaar oud, is Maandag in Putfontein in hegtenis geneem. “Die mangatdeksels behoort aan die Ekurhuleni-munisipaliteit se departement van waterwese,” het Kgasago gesê. “Inwoners van Crystal Park moes elke oggend verseker dat gevaarlike oop mangate afgesper word sodat voertuie nie beskadig word nie, en dit ook nie ʼn gevaar vir voetgangers inhou nie.”

Die vier moet binnekort in die Benoni-landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal van munisipale eiendom. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Burger ·

Mense wat mangatdeksels steel moet aangekla word vir poging mtot moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.