Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die onlangse moord op dr. Roelof Botha van Tulbagh in die Wes-Kaap.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê vier verdagtes, almal tussen 20 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die moord. Dít nadat die polisie vroeër ’n persoon (34) van belang ondervra het.
Maroela Media het vroeër berig Botha is Maandag met ’n skerp voorwerp buite die dorp doodgesteek. Sy liggaam is omstreeks 18:45 met verskeie steekwonde in Schalkenboschweg aangetref.
Botha het ’n praktyk in Van der Stelstraat in die dorp bedryf.
Die polisie se ondersoek duur voort, het Van Wyk gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Is hulle al uit op R100 boortog elk?
Al wat ek op die moment kan vra.. hoekom?
Vier teen een . Bitter jammer vir sy naastes .
Is dit dalk tyd dat die regering en Gun Free South Africa hierdie “skerp voorwerpe” begin lisensiëer?
4 nutteloses wat GEEN bydrae tot die samelewing toevoeg nie vermoor ń waardevolle persoon , wat alles bydra tot vooruitgang. Hoekom? Omdat hulle kan, geen haan sal daarna kraai. Baie sterkte vir sy familie.