Vier vas vir geldwassery van miljoene

geld 4 kontant rand

(Argieffoto)

Vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 25 en 39 jaar, is in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by bedrog en geldwassery ten bedrae van R102 miljoen. Een van die verdagtes is ʼn pastoor.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê Willah Mudolo en sy vrou, Zethu, is Saterdag op twee verskillende plekke vasgetrek. Die vrou is in Sandton en haar man by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.

Die Mudolo-paar het sedertdien in die Pretoriase landdroshof verskyn en hul saak is tot 30 Oktober uitgestel wanneer hulle na verwagting sal aansoek doen om borgtog.

“ʼn Tweede egpaar is Dinsdag in verband met dieselfde bedrogsaak vasgetrek,” sê Mogale.

Die vrou (39) is by haar huis in hegtenis geneem terwyl haar man (37) die taakspan aanvanklik probeer ontduik het, maar hom later aan die Silverton-polisie oorgegee het.

Dié egpaar sal na verwagting eersdaags in dieselfde landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Sjo…..daar is ongelooflike misdaad soos nog nooit ooit in hierdie land beleef nie…..Here wees ons genadig

Androclus ·

Pastoor???? se agterent hy moet tronk,dis reeds van skelm dinge wil aanvang dan doop hulle hulself as pastore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.