Vier vas vir kaping, huisroof aan Oos-Rand

Argieffoto bloot ter illustrasie.(Foto: Kent Williamson)

Vier verdagtes is die naweek in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel in ’n motorkaping sowel as huisroof in Daveyton aan die Oos-Rand.

Die polisie gaan nou probeer vasstel of die verdagtes ook aan ander misdaad, veral kapings en ernstige geweldsmisdaad, verbind kan word.

Kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, sê lede van onder meer die polisie se snelwegpatrollie, blitspatrollie en honde-eenheid het Saterdag gereageer op inligting rakende ’n motor wat gekaap is en Donderdag tydens ’n huisrooftog in Daveyton gebruik is.

Die Volkswagen Polo Vivo kon by ’n huis in Daveyton opgespoor word. Vier verdagtes tussen die ouderdomme van 31 en 41 is in die huis aangetref en in hegtenis geneem.

Daar is tydens die klopjag op twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê. Ballistiese toetse sal op die vuurwapens gedoen word om vas te stel of dit in die pleeg van ander misdade gebruik is.

Makhubele sê die verdagtes sal in dié stadium aangekla word vir motorkaping, huisroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoop hoedeman neem kennis van die ongelisensieerde wapens wat in misdadigers se hande is

Yvonne ·

Dit is 4 van duisende….wat n gemors is ons land nie in nie

Kathleen ·

Hoedeman is nou al by sy raklewe verby , dit is tyd ons kry iemand in daardie posisie wat nog lus is vir werk en hierdie mense kan vasvat wat almal senuagtig maak . Ons gaan almal 1 van die dae net in Jan Tuisbly se karretjie ry want almal gaan te bang wees om op straat te verskyn met ‘n motor wat moontlik gekaap kan word .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.