Vier vas vir korrupsie en afpersing

geld ekonomie suid-afrika

(Argieffoto)

Die Valke het Woensdag vier verdagtes, almal tussen die ouderdom van 32 en 62, in hegtenis geneem vir beweerde korrupsie en afpersing.

Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, sê een van die verdagtes, ʼn werknemer van die poskantoor in Virginia in die Vrystaat, het glo haar bestuurder genader en gevra om 250 Sassa-kaarte met geld te laai in ruil vir vergoeding van R20 000.

“Die werknemer was kop in een mus met drie ander verdagtes.”

Die saak is onder die owerhede se aandag gebring wat tot die verdagtes se inhegtenisneming gelei het. Die verdagtes is in besit van die 250 Sassa-kaarte gevind.

Die res van die verdagtes sluit in ʼn voormalige polisiebeampte wat weens vorige oortredings geskors is en die poskantoor se skoonmaker.

Die Valke het op twee voertuie wat aan die verdagtes behoort het, beslag gelê. Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Welkom verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Niklaas ·

Geleenthede om ekstra inkomste te verseker , word nou sommer daagliks aangegryp.

Willempie ·

Daagliks word korruptes “vas” gevat. Nou of daar egter werklik iets met hulle gaan gebeur, bevraagteken ek. Indien wel sal die regering van die Covid geld moet gebruik om nog tronke te bou.

Dries ·

Binnekort het Sassa nie meer geld nie en dan gaan pensioen trekkers nie meer geld kry nie

Blomme ·

Is daar nie meer goeie en opbouende nuus in SA? Dis net korrupsie, moord, inbraak, en en en… Sjoe gaan ons nog toeriste kry as dinge so lyk. Die pragtige land word regtig reneweer deur diegene wat geen waardes het nie insluitend ons sogenaamde leiers.

Hennie J ·

Sjoe, dis goeie nuus en wel gedaan!
Shame, nou is daar ook op twee voertuie beslag gele wat beteken dat hulle moet voetslaan na die hof in welkom!

Androclus ·

Mense dink niks van ander mense solank hulle net bo kan uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.