Vier vas vir Mariannhill-moord

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Vier mense is dié naweek in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem vir die moord op vyf familielede verlede week Donderdag.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mans is Sondagoggend in die Nteke-omgewing naby Mariannhill vasgetrek terwyl ʼn vierde verdagte die middag in KwaNdengezi vasgetrek is.

“Die verdagtes is almal tussen 21 en 30. Die vierde verdagte was in besit van ʼn onwettige vuurwapen asook ammunisie,” het Gwala gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vyf familielede is Donderdagaand in Mariannhill in Pinetown deur gewapende mans aangeval.

Gwala het Vrydag gesê die aanvallers het omstreeks 23:00 toegeslaan en op die vyf familielede, tussen 19 en 34 jaar oud, losgebrand.

“Vier van die mense is op die toneel dood. Die ander slagoffer is in die hospitaal dood,” het Gwala gesê.

Die Mariannhill-polisie het dossiere vir vyf sake van moord oopgemaak waarna die ondersoek na die provinsie se trio-taakspan oorgeplaas is. Die motief vir die aanval word ondersoek.

Dit is nie duidelik of dié voorval verband hou met die skietvoorval Dinsdagaand in Matimatolo, suidoos van Greytown, nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MM ·

WAT gaan aan in KZN – gehoor van nog 3 familie lede wat geskiet is vanoggend – Iets daar is baie verkeerd. Sterkte aan almal wa tdeur die moorde geraak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.