Vier persone van Prieska in die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat die polisie meer as 70 bankkaarte, 37 Sassa-kaarte (die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid), verskeie dwelms en meer as 140 identiteitsdokumente in hul besit gevind het.
Volgens brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, het die polisie op vier verskillende huise toegeslaan.
Die eerste verdagte het 143 ID-dokumente in sy besit gehad; 37 Sassa-kaarte, 32 FNB-kaarte, 39 Standard Bank-kaarte, vier Capitec-kaarte, ses poskantoorkaarte, 15 winkelkaarte; en 19 patrone.
Die tweede verdagte het onder meer Mandrax-pille en ʼn gesteelde Samsung-klanksisteem in sy huis gehad.
“Die derde verdagte het meer as R10 000 kontant in sy besit gehad en verskeie kaarte van onder meer Absa, FNB, Standard Bank en Old Mutual,” sê sy.
Verskeie dwelms ter waarde van meer as R10 000 is in die besit van die vierde verdagte gevind.
Al vier verdagtes is in hegtenis geneem. Ramatseba sê die mans sal binnekort in die hof verskyn.
Standard Bank
Dagsê Spikes
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Mariné
nms Maroela Media
Spelling is seker ‘Standard’, ook in Afrikaans?
Ek dink die standaard van die beriggewing is nie soos dit behoort te wees nie
Ek dink dit was net n grap om te die polisie sover te kry om darem iets te doen voor die jaar om is anders het hulle niks gedoen in 2017 nie.
Liewe hemel mense! In stede om jouself te bekommer oor die spelling van ‘n bank se naam, wat van die feit dat misdadigers aan die pen gery het? Ons weet die Polisie is nie altyd op standaard nie maar gee eer waar dit toekom
As julle mense nie geld het om op vakansie te gaan gaan doen iets anders as om swak komentaar hier te lewer…as die standaard van beriggewing julle nie pas lees iets anders en verdwyn of as jy nie iets goed kan se oor die polisie se goeie werk in die berig se niks en bly stil
Ou kasparie dit is totaal onaanvaarbaar om beledigend te raak die mense het n reg tot hulle mening en daar is nie n beloning vir ***kruip nie
Well done!!