Vier vas vir moord ná tuinrusie

Argieffoto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP

Vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 29 en 70 jaar, verskyn Vrydag in die landdroshof op Nongoma op aanklagte van moord en poging tot moord.

Hulle is Woensdagmiddag in die noorde van KwaZulu-Natal in hegtenis geneem vir die moord op hul buurvrou Lindiwe Msimango (60) en die aanranding van haar man.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, sê Moses Msimango(62) was Dinsdag aan die tuinmaak by sy huis in Mahashini by Nongoma toe sy bure hom genader het.

Sy vrou het tussenbeide getree in die rusie wat oor die tuin ontstaan het. Sy is ernstig aangerand met ʼn houtpaal en is hospitaal toe gebring vir behandeling van die ernstige beserings wat sy opgedoen het.

Haar man is ook aangerand. Hy is ook hospitaal toe gebring. Woensdag het sy vrou aan haar beserings beswyk, sê Zwane.

Die polisie van Nongoma ondersoek ʼn sake moord en poging tot moord. Die verdagtes is gou-gou aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sean ·

Kriminele word beskerm deur die wet Hulle is nie meer bang nie

Estelle ·

Wou seker nie gehad het iemand moes tuinmaak en hul huis verfraai word daardeur nie.

Adam ·

Resorteer dit onder “plaasmoorde”. Wat ‘n wettelose land woon ons nie in nie!.

jakes ·

Wat besiel iemand om n ander so aan te rand agv n rusie oor n tuin? Nogal met n houtpaal. Jinne, elke dag hoor en lees n mens hoe die die mense absoluut kranksinnig raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.