Vier vas vir moordtog in Kaapstad wat drie eis

Argieffoto: SAPD

Die polisie het vier mans in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met ʼn moordtog in die stad wat die lewe van drie mense geëis het.

Sers. Noloyiso Rwexana het Sondag gesê die sukses volg ná die moordtog Donderdag in Harare in Khayelitsha.

“Die eerste voorval het omstreeks 02:45 in Bukwayostraat plaasgevind. Vier verdagtes wat in ʼn wit VW Polo gery het, het na bewering op ʼn 36-jarige man geskiet en hom noodlottig gewond,” het Rwexana gesê. “Nog ʼn slagoffer is geskiet en gewond en sterk tans in die hospitaal aan.”

Rwexana het gesê teen 07:30 het die verdagtes na die Endlovini-nedersetting gery waar hulle nog ʼn slagoffer ontmoet en verskeie kere geskiet het. Die man is op die toneel dood.

“Die groep is kort daarna na Hlobostraat waar hulle glo ʼn 27-jarige slagoffer doodgeskiet het.”

Die polisie het ná die moordtog ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur en hulle is Vrydag reeds in hegtenis geneem.

Tydens die inhegtenisnemings het die polisie beslag gelê op ʼn Norinco-pistool en ammunisie.

Die verdagtes, onderskeidelik 20, 21, 22 en 33 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord en een van poging tot moord. Twee van die verdagtes sal ook van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wonder ·

Baie geluk SAPS. Mag die kriminele nie op borgtog vrygelaat word nie.

ferdi ·

Wil weet van Maroela hokom berig julle ni oor die 27 polisielede van Welkom wat gearristeer is ni. Goei werk wat deur ander lede ongedaan gemaak word

Ella ·

Ferdi, jy moet die berig fyner lees. ‘n Totaal van 27 polisie-beamptes in die Vrystaat staan (ten tyde van die skrywe van die berig) in ‘n verskeidenheid van sake tereg, na ‘n aantal arrestasies sedert die middel van verlede jaar. Baie van hulle wel van Welkom maar nie almal nie. Maroela het inderdaad onder andere berig oor die 3 polisielede wat deel was van ‘n groep van 10 wat gearresteer is vir diefstal van springstof, ens (sien berig op 8 Februarie).

P ·

skryf dit hulle koeran plek en waar jy die inligting ontvang het en hulle volg dit op Fredi….

ferdi ·

Hoofopskrif van THE NEW AGE in di Vrystaat of bel Prov kommissaris

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.