Vier verdagtes is in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem in verband met die moord op twee polisiebeamptes van Kaapstad.
Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê drie verdagtes is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op konst. Lindekile Sikade (39) van die Grassy Park-speureenheid in April vanjaar. Sikade was in sy ampsvoertuig op pad werk toe, toe hy deur ʼn groep verdagtes in ʼn lokval gelei en vir sy dienspistool doodgeskiet is. Lees meer hier.
“Die Valke en die polisie se taktiesereaksie-eenheid het inligting opgevolg wat hulle na verskillende adresse in Philippi-Oos gelei het. Drie verdagtes, onderskeidelik 28, 34 en 37 jaar oud, is in hegtenis geneem,” het Netshiunda gesê. Die verdagtes verskyn Woensdag in die Mitchells Plain-landdroshof op aanklag van moord.
In die tweede voorval is Siphamandla Gqongweni van Delft in hegtenis geneem vir die moord op konst. Lunthu Sive Nkabi (38). Nkabi, van die Delft-polisiestasie, is op 22 April geskiet terwyl hy van diens af was. Lees meer hier.
Gqongweni is op 27 Mei in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy het reeds in die Bellville-landdroshof verskyn waarna die saak tot 12 Julie uitgestel is vir sy borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.
Hoor my Lied! ‘n Oog vir ‘n Oog en ‘n Tand vir ‘n Tand was nie verniet deel van die Bybelteks nie…SA, BRING DIE DOODSTRAF TERUG!
Watter eienaardige wyse van salueer het ons polisie?
Hi Johann, Eintlik is die foto geneem tydens die bevel “hoofbedekking af” wat gebeur net voor gebed. Daars niks daarmee fout nie.
Dankie Lou, my gedagtegang het bietjie vasgeslaan!