Vier vas vir renosterhorings in enjin

Foto: SAPD.

Vier vermeende renosterstropers is vasgetrek en het Woensdag in die Mahamba periodieke hof verskyn.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie het gesê die verdagtes is by die Mahamba-grenspos in Mpumalanga deur die Suid-Afrikaanse nasionale weermag (SANDF) en die honde-eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisie (SAPD) vasgetrek.

“Hulle het voertuie by die beheerpunt deursoek en ʼn grys motor met vier insittendes gestop. Die polisie het die bestuurder beveel om die enjinkap op te lig. Die man het hulle ingelig dat die kap glo nie kan oopmaak nie. Die polisie het egter aangedring en twee horings in die enjin versteek gevind,” het Hlathi gesê.

Die eienaar van die voertuig het glo weggehardloop en in die nabygeleë bosse probeer vlug, maar hy is gevang.

Die saak van Steven Stoltz (32), Clarense Ngomane (32), Keletso Makwakwa (24) en Bathabile Lubisi (32) is uitgestel tot 19 April.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ken benoni ·

Voeter eers die blou bessies uit hulle, met ‘n rotang en dan sluit jy die skuim toe! Geen genade vir hulle nie!

snoefie ·

en waarmee ry die hebsugtige? hulle is nie deur honger gedwing om te stroop nie. dit was skoon suiwer hebsug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.