Vier vas vir renosterstropery

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Vier vermeende renosterstropers is op ʼn plaas in Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier mans is Maandag in ʼn voertuig op die plaas opgemerk. Wildbewaarders het hulle agternagesit maar hulle het ontsnap.

Volgens Otto het die wildbewaarders egter voortgegaan om die vermeende stropers te agtervolg en hulle is Dinsdagaand op die plaas in hegtenis geneem.

Die polisie het op ʼn byl, jagmesse, ʼn knaldemper, knyptange en skroewedraaiers beslag gelê. Volgens Otto is die polisie op soek na nog verdagtes.

Die vier mans sal Donderdag in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklagte van betreding en sameswering om renosters te stroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Dit is baie jammer die wildbewaarders skiet so vrot, nou moet hulle die renostermoordenaars weer volgende week probeer vang na die hof hulle weer gaan vrylaat op R100 borg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.