Vier vas vir Rust de Winter-moord

Lynette Lavender. Foto: Facebook.

Lynette Lavender. Foto: Facebook.

Vier verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op Lynette Pamela Lavender (60) wie se liggaam Donderdag in haar huis op ʼn kleinhoewe naby Rust de Winter in Limpopo, gevind is.

Lavender se buurman het op haar liggaam afgekom. “Die buurman het onraad vermoed toe ʼn onbekende man haar motor bestuur het,” het kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê. “Hy het gaan ondersoek instel en haar liggaam in ʼn plas bloed op haar bed in haar slaapkamer aangetref. Sy is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek.”

Lavender het alleen op die kleinhoewe gewoon en dit is nie duidelik of enigiets buiten haar motor gesteel is nie.

“Die Rust de Winter-polisie het die vier verdagtes Vrydag in Mabopane, noord van Pretoria vasgetrek. Haar voertuig was in hul besit en die polisie het daarop beslag gelê. Een van die verdagtes het vir ʼn kort tydperk as haar tuinier gewerk,” het Otto bygevoeg.

Die verdagtes gaan binnekort in die Bela Bela-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en motordiefstal.

Trudy Lavender, Lynette se skoonsuster, het Maandag aan Maroela Media gesê die familie is baie dankbaar dat die verdagtes so vinnig aangekeer is. “Ons hoop nou net dat geregtigheid sal geskied,” het sy gesê.

Lavender se begrafnis vind Vrydag om 10:00 in Pretoria plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Die mense wat dink hulle huishulp is engeltjies dink 2keer hulle is die informante.Baie maklik om dup sleutels te laat maak Kry blanke mense daar is baie vrouens en mans wat bid vir n werk al is dit om ander se huis skoon te maak tuiinwerk en om kinders op te pas.Een keer n adder altyd een

pop ·

Ek het dit probeer, die blanke kind het my binne n week rot en kaal gesteel, en toe boonop my man probeer verlei. Daar is niks so sleg soos n slegte witmens nie. Nee wat eks kranklik maar maak maar self skoon. Kamer op n slag. Stof sal my nie doodmaak of verkrag nie. Verder loop ek met n vuurwaper en tazer 24/7. En ons het alarm, wat heeldag op stay is. Slotte aan al wat ingang is. Diefwering op hele venstel laat aanbring. Dik sel tralies, nie dunnes nie. Moenie een sekonde laat slap le nie. dalk sal ek bly leef tot ons oor 2 jr die land verlaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.