
Die polisie het op altesaam 4 040 pakkies sigarette van verskillende handelsmerkname beslag gelê (Foto: Verskaf)
Vier sigaretsmokkelaars, tussen 32 en 34 jaar oud, is Sondag in hegtenis geneem ná die polisie op drie voertuie met onwettige sigarette ter waarde van meer as R1 miljoen beslag gelê het. Dié vier het probeer om sigarette in die land te smokkel.
Die polisie het op altesaam 4 040 kartonne vol sigarette van verskillende handelsmerkname ter waarde van R1 070 193 beslag gelê.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die smokkelaars is by ʼn padblok
kade op die N1 tussen Beitbrug in Zimbabwe en Musina in Limpopo vasgetrek. Dit volg ná die polisie inligting bekom het van sigarette wat moontlik in die land gesmokkel word.
By die padblokkade het die polisie een van die twee voertuie, met twee smokkelaars, voorgekeer. Hulle het die voertuig ondersoek en pakkies sigarette in sakke gevind. Die twee is in hegtenis geneem.
Mojapelo sê die polisie het nog ʼn smokkelaar by ʼn nabygeleë winkelsentrum opgespoor. Hulle het hom betrap terwyl hy die sigarette in ʼn voertuig wou laai.
“Die verdagte het probeer vlug, maar is deur die polisie agternagesit en vinnig vasgetrek. Hulle het op die voertuig en die sigarette beslag gelê,” vertel Mojapelo.
Mojapelo sê inligting is ingewin dat die smokkelaars die onwettige sigarette na ʼn pakhuis in Musina geneem het. Met die polisie se aankoms by dié pakhuis het hulle op nog ʼn voertuig afgekom terwyl die vrag afgelaai is. Die polisie het ook bokse vol sigarette in kamers van die pakhuis aangetref.
Terwyl die polisie die bokse ondersoek het, het hulle die vierde verdagte vasgetrek wat tussen die bokse weggekruip het.
Al vier verdagtes is buitelandse burgers en gaan eersdaags in die Musina-landdroshof in Limpopo verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
31 Kommentare
Nou kan ons direk by die polisie koop teen dertig rand n pakkie die land is siek verby.
Wie in Zim het soveel kapitaal om R 1M se voorraad aan te koop vir smokkel.
Follow the money.
En hoe verlig en bly is die buitelandse burgers (sekerlik Zimbabwiërs) nou nie oor die lekker SA tronk woon tydperk nie. Sake in Zim is blykbaar chaoties en krities.
Nou gaan ons roooook!
Duidelik is hulle nie deel van die Zuma kliek nie!