Vier vas vir taxigeweld

Die verkeerspolisie het vier verdagtes in hegtenis geneem en op vier vuurwapens beslag gelê. (Foto: Verskaf)

Die Gauteng-verkeerspolisie het Donderdag vier verdagtes in verband met die voortslepende geweld in die taxibedryf in Orlando, Soweto, in hegtenis geneem.

Volgens Sello Maremane, woordvoerder van die verkeerspolisie, dui ’n voorlopige ondersoek daarop dat ’n skietery tussen twee taxiverenigings, Nanduwe en Wata, ontstaan het weens ’n geskil oor roetes in Soweto. Dit het daartoe gelei dat talle minibustaxi’s erg beskadig en onder meer met klippe bestook is.

“Die verkeerspolisie het spoedig ingegryp en vier verdagtes in hegtenis geneem en op vier vuurwapens beslag gelê.”

Niemand is tydens die voorval ernstig beseer nie, hoewel enkele persone beserings opgedoen het.

“Die verdagtes sal eersdaags in die Orlando-landdroshof op aanklag van poging tot moord, opsetlike saakbeskadiging en die onwettige besit van vuurwapens verskyn.”

Maremane sê die polisie sal die situasie tussen die twee taxiverenigings fyn dophou totdat die konflik bedaar het.

Maroela Media het vroeër die week berig dat ʼn 37-jarige man wat met ’n reeks sterftes in die taxibedryf verbind word, Maandag in Gauteng in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Oomniklaassevriend ·

Kyk mooi Bheki daardie gewere kom nie van die publiek af nie. Eerder van die SAP. Dit sal nie help om die wetsgehoorsames te ontwapen nie.

Werner ·

En al daai is weermag wapens 2 R4re een R1 en n G3 .Nou wil hulle ons wapens vat maar die bendes word deur die weermag bewapen.Vergeet maar van myne ou Bheki

Persheks Adri ·

Sê ek ook Werner hy kan daai nuwe wet op sy maag skryf

Flip ·

Ek wonder of hoedman n dringende ondersoek gaan laat doen om uit te vind op wie se naam daardie weermag/polisie wapens uitgereik is? Maar nee, ontwapen die wettige eienaars wat hul en hul geliefdes se lewens wil beskerm en vergeet van jou eie mense wat wapens aan moordenaars uithuur en verkoop. Wapens wat met die einste slagoffers se belasting geld aangekoop is…….

Buks ·

2x R4 een G3 en een R1. Alles weermag gewere. Die R4 gewere se pootjies is verwyder ..

Andre ·

Gelukkig is al die besonderhede van die eienaars beskikbaar op hul vuurwapenlisensies en op hul bevoegdheidssertifikate. Viva!

Hendrik ·

Is dit dan nie R1 en R4 gewere nie? Minister Beki Cele en die minister van verdediging – julle moet antwoorde gee!!! Dit is hoekom ons nie onbewapen kan gaan nie!!!!

Persheks Adri ·

Net 4? Nee daar is baie meer daar buite! Jy sal my NIE ontwapen NIE hoed!!! Kyk waarmee loop jou taxi mense rond loop tsek man

Piet ·

Bheki hoop jyt die taxidrywer gevra of hy sy vuurwapen lissensensie hernu het,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.