Vier vas vir vlaag rooftogte in Kaap

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die polisie in die Wes-Kaap het vier verdagtes vasgetrek in verband met die vlaag gewapende rooftogte wat die afgelope tyd in en om Kaapstad plaasgevind het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het Maandag in ʼn verklaring gesê die voortslepende ondersoek na gewapende en transitorooftogte begin vrugte afwerp.

Speurders van Malmesbury het ʼn 32-jarige man in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn veiligheidsmaatskappy waartydens ʼn groot aantal vuurwapens gesteel is.

“In ʼn ander klopjag is twee mans, onderskeidelik 43 en 45 jaar oud, vasgetrek in verband met ʼn transitorooftog wat in April plaasgevind het,” het Traut gesê.

ʼn 33-jarige man is in Khayelitsha vasgetrek vir ʼn transitorooftog wat in Februarie plaasgevind het.

“Nadere ondersoek sal bepaal of die mans ook met ander misdaad verbind kan word,” het Traut gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ben ·

Die wêreld het boos geword!
Ons is gevangenis in ons eie huise, en die skelms loop buite rond.

Nie ek nie ·

VAS vandag, more uit op borgtog van R50, gaan net voort met hulle roof en moordtogte, WIE glo julle nog?

snoefie ·

hulle het seker weer weke uit die gemeenskappe opgevolg. hulle moet vir plaasmoorde belongings aanbied. meeste “gemeenskappe” sal hulle voete afloop om die belonging te kry.

Leon ·

Die afgetrede bejaardes word veral die afgelope jaar helder oordag in hul huise in die Overstrand area aangeval en beroof. Gelukkig was Afriforum hier, ons sal maar hoop vir die beste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.