Vier vas wat glo diesel steel

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans is Vrydag by Bona Bona naby Morokweng in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, diefstal en poging tot sakeroof.

“Die mans, tussen 18 en 42 jaar oud, het na bewering ʼn veiligheidswag geskiet en gewond voordat hulle diesel by ʼn konstruksieperseel gesteel het,” het lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê.

Sy het gesê volgens die inligting wat hulle ontvang het, is die veiligheidswag in sy bobeen geskiet. “Hulle het daarna na ʼn nabygeleë snoepie gegaan waar hulle deur die dak toegang tot die winkel gekry het. Hulle motief was om die winkel te besteel.”

“Lede van die gemeenskap het besef wat gebeur en die vier mans genader. Die mans het op hulle geskiet, maar niemand is beseer nie. Die polisie is ontbied en al vier mans is in hegtenis geneem,” het Makau bygevoeg.

Die polisie het beslag gelê op ʼn pistool en ʼn rewolwer. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Ganyesa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.