Vier vas wat glo skoolmeisies verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans is oor die naweek in hegtenis geneem nadat hulle glo twee skoliere van Hoërskool Hilary in Pienaar, Mpumalanga, onlangs ná skool ontvoer en verkrag het.

“Die twee slagoffers, onderskeidelik 20 en 21 jaar oud, was op 22 Mei ná skool op pad huis toe, toe die vier gewapende mans hulle glo ontvoer en verkrag het,” het brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Die slagoffers het nie hul aanvallers geken nie en ná goeie ondersoekwerk van die polisie se speurtak is die verdagtes oor die naweek in hegtenis geneem.”

Drie van die verdagtes, tussen 24 en 29 jaar oud, is Vrydagaand by hul onderskeie woonplekke in Thekwana South buite Nelspruit aangekeer. Die vierde verdagte is Sondagaand in dieselfde omgewing in hegtenis geneem.

Die eerste drie verdagtes het reeds Maandag in die Kabokweni-landdroshof verskyn. Die vierde verdagte verskyn binnekort in dieselfde hof. Die mans word van verkragting en ontvoering aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Ek dink die foto by die berig is ‘n baie raak beskrywing van wat met ‘n vrou gebeur as sy vekrag word. Haar liggaam en siel word ‘uitmekaar geskeur.’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.