Vier vas wat ietermagogs wil smous

Die verdagtes het twee ietermagogs vir R200 000 probeer verkoop. (Foto: Valke)

Die Valke het vier verdagtes in Mahikeng in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om ietermagogs vir R200 000 te smous.

Die verdagtes is tussen 29 en 45 jaar oud.

Die verdagtes het twee ietermagogs vir R200 000 probeer verkoop. (Foto: Valke)

“Die Valke het inligting opgevolg dat die verdagtes glo na ʼn koper vir twee ietermagogs op soek was. Hulle is by die Mahikeng-winkelsentrum voorgekeer en met die bedreigde spesie in hul besit betrap,” het kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder vir die Valke, gesê.

Die vier word van die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit aangekla en sal Donderdag in die Mahikeng-landdroshof verskyn.

Die ietermagogs is intussen na ʼn hospitaal by ʼn wildlewe-reservaat geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sêmanet ·

Ek klink seker dom, maar wie wil ‘n ietermagog koop? En om wat mee te doen?

Hasie ·

Word gebruik vir muti deur tradisionele sangomas en as eksotiese troeteldiere. Selfde rede hoekom skilpaaie ,leeus , krimpvarkies en apies aangehou word as sogenaamde troeteldiere …. Dit is onverstaanbaar.

Delia ·

The scales alone account for 20% of the black market in protected animal parts;[10] they are boiled off the body and used for traditional medicines. Pangolin meat is sold as a high-end delicacy in China and Vietnam, the blood is believed to be a healing tonic, and pangolin fetuses have alleged health benefits and aphrodisiac qualities.

Delia ·

Daisy. Dis baie wyer as SA. Dis wereldwyd…die handel in die diertjie. Baie interessant. Google pangolin trade

Hasie ·

Dit is nou vir jou goeie nuus ….maak voorbeeld van hul en sluit hul vir lank toe .

Elmarie ·

Arme diere…mees “poached” dier in die wêreld. Maak my naar en ek wens ek kan so stroper in die hande kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.