Vier vas wat Omo-trok kaap

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense, waaronder ʼn sersant van die polisie se blitspatrollie-eenheid, is in hegtenis geneem nadat ʼn vragmotor vol skoonmaakmiddels soos Omo en Handy Andy, gekaap is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê die mans, tussen 30 en 40 jaar oud, is Dinsdagaand in hegtenis geneem. Die polisiebeampte, ʼn sersant van die Johannesburgse blitspatrollie, was tydens sy inhegtenisname nie aan diens nie.

Die vragmotor is Maandagaand deur ʼn wit voertuig met blou ligte in Boksburg-Noord van die pad afgetrek. “Die verdagtes het metropolisie-uniforms aangehad,” het Dlamini gesê. “Hulle het die slagoffers met vuurwapens aangehou en hulle in hul voertuig gedwing. Die slagoffers is later in Brits in Noordwes afgelaai.”

Die vragmotor is later by ʼn perseel in Booysens in die weste van Pretoria opgespoor. Die verdagtes is glo op heterdaad betrap terwyl hulle die skoonmaakmiddels ter waarde van R1 miljoen afgelaai het.

Die mans is in hegtenis geneem op aanklagte van die kaping van ʼn vragmotor en die besit van gesteelde goedere.

Die verdagtes moet binnekort in die hop verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Monica ·

Mooi man! Ons polisie is regtig die beste in die Wêreld … onder-wêreld, ja.

Theresa ·

Nou toe nou – dis nou ‘n blits van ‘n blitspatrollie sersant.

Sollie ·

Daar is of ‘n baie vuil polisiestasie wat nou ongelukkig nie meer gaan skoonkom nie of daar is ‘n nuwe seepwinkel wat nie meer gaan oopmaak nie! :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.