Vier mense is in hegtenis geneem in verband met Maandag se skietery op ʼn stasieplatform in die Kaapstadse middestad.
Sewe mense, onder wie ʼn vrou in ʼn rolstoel, is tydens die voorval gewond.
Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê lede van die polisie se taakspan in samewerking met lede van die spoorwegpolisie het die vier verdagtes Dinsdag aangekeer.
ʼn Verkeersbeampte het nog ʼn verdagte kort ná die skietery agternagesit en vasgetrek.
Die vier verdagtes wat Dinsdag aangekeer is, is tussen 31 en 35 jaar oud en verskyn Donderdag in die Kaapstadse landdroshof waar hulle op aanklag van poging tot moord tereg staan.
Die polisie het vroeër gesê die moontlikheid dat die skietery met kwessies in die taxibedryf verband hou, kan nie uitgesluit word nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Lees ek reg ?????????? Spoorwegpolisie???????? Waar is hulle dan wanneer die stasies afgebrand en gestroop word??
Se aub van watter party is die lot ?
hahahahaha en hoeveel het SAPS gevang klink of die verkeersafdeling en spoorwegpolisie beter werk gedoen het