Vier verdagtes ontsnap uit polisiesel

Een van die verdagtes wat uit ʼn sel by die polisiestasie in Lephalale in Limpopo ontsnap het. Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo is op soek na vier verdagtes wat Maandag in die vroeë oggendure uit ʼn sel by die polisiestasie in Lephalale (Ellisras) ontsnap het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier het omstreeks 05:30 ontsnap nadat hulle die veiligheidsdeur van die sel oopgesny, uitgespring en verdwyn het. Die verdagtes is Collin Muleye (40), Oscar Kapandura (32), Oupa Sithole (22) en John Mlambo (35).

“Hulle was almal vroeër in hegtenis geneem op aanklagte van huisroof, huisbraak en diefstal,” het Ngoepe gesê. Hy het gesê die omstandighede rakende die ontsnapping word ondersoek.

Enigiemand met inligting wat tot die herinhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om kapt. Hlengane Johannes Hlungwane by 082 565 7968 of die naaste polisiestasie te bel. ʼn SMS kan ook gestuur word na 32211.

Een van die verdagtes wat uit ʼn sel by die polisiestasie in Lephalale in Limpopo ontsnap het. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

manuela ·

Sel oopgesny? is die sel van karton of wat? Word hulle met wapens en al toegesluit? Of word die messe aan hulle voorsien? belaglik!

Coenraad ·

Hierdie polisie laat my elke dag lag hulle kan nie eers meer skelms in aanhouding veilig bewaak nie hulle hoof van misdaadintelligensie het n vervalste matrieksertifikaat hulle minister jok so baie niemand glo n woord wat hy sê nie.Ek wonder wat ou poot wat altyd komentaar lewer op MM se verskoning hiervoor gaan wees.

Jannie ·

Nou ja wat kan mens se…staaldeur oopgesny ontsnap en die son sien opkom

Johanna Botha ·

Niks nuut nie …n aledaagse gebeurtenis met die swak en verotte polisie in SA !

Chevy ·

Ag nee nie alweer nie, dit begin n nasionale sport raak hierdie ontsnappinge.

Leahim ·

Hulle sal maar die buurtwag om hulp moet vra of 10111 moet skakel vir hulp belangwekkende klomp die polisie????

Protes ·

Moet n persoon nog graad 12 he om n polisieman te word of is dit nou graad 2 ek het hulle altyd jammer gekry oor die min salaris wat hulle kry nou dink ek as dit die tipe werk is wat hulle lewer word hulle te veel betaal

Toppie ·

Ek dink ons moet maar die buurtwag kry om polisiestasies te beman en verdagtenes te bewaak . Polisie kan gebruik word vir KFC en Spur sake.

Karma ·

Ek hoor mos hoeka Claremont, Kaapstad se SAPD word deur AC Security beskerm ……………

Hennie ·

Lyk my hulp vir hierdie tipe ontsnapping is sommer baie maklik om te reel!

jack daniel ·

Verbasend dat die meeste ontsnaptes altyd van Limpopo is.
Dit is nou winter en al die polisie slaap nou voor die heaters of sit in die bakkies met die heaters aan en of musiek luister of slaap. Dan is daar nooit voertuie beskibaar as jy hulle nodig het nie.
Het al met my oe gesien hoe hul on die bakkies sit en slaap.

Boetman ·

As jy na die foto’s kyk kan jy nie sè wat jy wil nie, maar jy kan dink wat jy wil. Wat beteken hulle vir die samelewing.

Coenraad ·

Boetman hulle beteken niks maar die polisie wat n mandaad het om ons veilig te hou en hierdie potensiële gevaar uit die samelewing te verwyder wat beteken hulle vir ons?

anton ·

Ja ek glo ook hulle het polisie omgekoop om te ontsnap!!!
Want ek glo nie jy sny n sel hek of veiligheids hek oop met n nael vyltjie nie.

Karma ·

“Die verdagtes is Collin Muleye (40), Oscar Kapandura (32), Oupa Sithole (22) en John Mlambo (35)”.

@Naam, waar sien jy twee van die verdagtes het dieselfde naam?

Herman ·

Daar is nie ‘n Sekuriteitsmaatskappy aangestel om die polisiestasie op te pas nie. Die polisie is lankal nie eers meer in staat om hulleself op te pas nie, wat nog van hulle stasies, selle of gevangenes. Die polisie is tot ‘n groot mate geintegreer met die kriminele elemente. Ellisras is geen uitsondering nie en daar is sprekende voorbeelde daarvan.
Wat is die vordering met ondersoeke van moorde op Blanke Boere in die Ellisras-distrik die afgelope paar jaar?
Waarom kraai daar geen haan daaroor nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.