Vier verdagtes vas ná Thabazimbi-plaasmoord

Die instapkluis waarin die Res-egpaar en hul vriendin toegesluit was. Foto: Facebook/Die Spoorsnyers

Die instapkluis waarin die Res-egpaar en hul vriendin toegesluit was. Foto: Facebook/Die Spoorsnyers

Vier verdagtes, onder wie twee werknemers, is in hegtenis geneem in verband met ’n plaasaanval in Thabazimbi verlede Vrydag waartydens Petro Res (59) doodgeskiet is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die huishulp en ʼn plaaswerker is op die plaas in hegtenis geneem terwyl nog twee medebeskuldigdes in Diepkloof in Soweto vasgetrek is. Die polisie is op soek na nog vyf verdagtes.

Petro, haar man Bruno (70), en ʼn vriendin is op 18 September op hul plaas, Matlopi, oorval en in die egpaar se instapkluis toegesluit. Petro is in die kop geskiet en haar man in die arm voordat die verdagtes van die toneel gevlug het.

Die drie is eers ure later deur besoekers in die kluis gevind. Petro het reeds aan die skietwond beswyk. Vyf vuurwapens is tydens die aanval gesteel.

Die vier verdagtes sal Dinsdag in die Thabazimbi-landdroshof verskyn, het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Strydom-:Stryslim eerder ·

Die verdagtes sal binnekort deel wees van die regerende party…hulle cv’s is nou uitstekend! Dalk moet mob justice toegepas word!

Maggie van Zyl ·

WEEREENS die HULP !! Huishulp en plaaswerker, bekendes aan die gesin. Dit gebeur oor en oor.

Retha ·

Elke dag: NOG “N MOORD!!! Wanneer gaan ons opstaan en iets omtrent dit doen! Dit kan nie so aangaan nie!!! Geen wonder soveel mense vlug oorsee nie. Ons ander kan nie.

Retha ·

MAROELA MEDIA: WAT WAS FOUT MET MY KOMMENTAAR????> ANTWOORD MY ASB!!!

pop ·

Tipies!!! More is hulle benadeel want die kinders het nie kos ens ens. Maar die mense wat vir hulle werk gee word vermoor. Mooi man, dit maak baie sin ne. As ek nie meer die dag my plek kan skoonmaak nie is dit fine, vuilis het niemand al ooit vermoor nie.

Belinda ·

n Mens kan maar altyd by die werkers begin om die skuldiges vas te trek………………so bitter jammer vir die hartseer wat die mense nou mee moet saam lewe………..so gaan dit nog altyd maak dood die hand wat jou voed!

ErikRika Fevrier ·

My oupa het altyd gese jy vertrou niemand nie. Dis gewoonlik mense na aan jou wat jou skade wil aan doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.