Vier verdagtes vinnig vas ná rooftog

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in KwaZulu-Natal het vier verdagtes in hegtenis geneem kort nadat ’n snoepwinkel in Umlazi deur ’n groep van ses mans beroof is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die ses verdagtes het die winkel omstreeks 12:00 Donderdag binnegestorm en die eienaar met vuurwapens gedreig. Die rowers het kontant geëis terwyl hulle die winkel geplunder het.

Die rowers het met ’n onbekende bedrag kontant en sigarette op die vlug geslaan. Volgens Zwane is die polisie ontbied en kon daarin slaag om vier verdagtes, tussen 19 en 20 jaar oud, in hegtenis te neem. Daar is ook op twee ongelisensieerde 9 mm-pistole en die verdagtes se wegkom-motor beslag gelê.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiehoof, het die beamptes geloof vir hul vinnige optrede. “Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit in enige ander misdade in die provinsie gebruik is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann Marx ·

Kyk na daai foto…dit lyk soos kinders wat daar lê? En skielik hoor ek my Ma se stem: “Zoo alz de oude zongen, zoo piepen de jongen!”

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Hulle kwalifiseer om as vowassenes verhoor te word volgens hulle ouderdom onwettige besit van vuurwapen en ameniesie roof miskien nog poging tot moord sit gaan hulle sit minstens 11 jaar . Hulle lewe sal nooit weer normaal wees nie

pop ·

Busvark in SA maak n mens iemand dood en dan sit jy nie eers n jaar nie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Poplap yjs sekker reg dit hang ook seker af hoeveel geld jy het , maar ek kan jou eendig se a friend van my werk vir korektiewe dienste daars manne wat al langer as 10 to 15 jaar sit en baie van hulle ook en ons tronke is nie hottelle nie. groetnis Poplap van Busvarkie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.