Vier verkeersbeamptes vas na jaagtog

handcuffsVier verkeersbeamptes is in Eldorado Park, in die suide van Johannesburg, in hegtenis geneem op aanklag van roof, afpersing en diefstal.

Thato Mosena, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), sê die polisie het ‘n wenk ontvang oor ‘n gekaapte voertuig.

“Toe die voertuig voorgekeer is, het twee van die insittendes in die beweerde gekaapte voertuig uitgespring en in ‘n voertuig van die RTMC gevlug,” sê Mosena.

Die polisie het die RTMC-voertuig agternagesit en voorgekeer. Daar was vier insittendes in die motor. “Hulle het toe besef al vier insittende is wetstoepassingsbeamptes verbonde aan die RTMC.”

Die polisie het die verkeersbeamptes ontwapen en hulle in hegtenis geneem. ‘n Plastieksak met R9 000 is in die gekaapte voertuig gevind.

Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van die RTMC, sê hulle duld nie korrupsie nie en sal seker maak dat daar aksie geneem word teen diegene wat daarby betrokke is.

Dipuo Peters, minister van vervoer, sê kriminele moet nie toegelaat word om hulle voor te doen as staatsamptenare in uniform nie. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Monica ·

Wel hulle het hulle nie VOORGEDOEN as staatsamptenare nie, hulle IS staatsamptenare indiens van die staat, wat roof, afpersing en diefstal pleeg. Ai, die “stupid” kommentaar van die ministers is partykeer ook maar dik vir ‘n daalder. Hulle stel dan kriminele aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.