Vier verkool in Mpumalanga-ongeluk

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Botsing reg van voor in die omgewing van Leandra in Mpumalanga het vier lewens geëis.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid, sê die ongeluk tussen ʼn Honda en ʼn Volkswagen het Vrydagmiddag op die R50 tussen Leandra en Standerton plaasgevind.

Die vier oorledenes was almal in dieselfde voertuig. Dit het na die botsing aan die brand geraak en die slagoffers het heeltemal verkool.

“Nog drie mense, onder wie die bestuurder en twee passasiers in die Honda, het ernstige beserings opgedoen,” sê Mmusi.

ʼn Ondersoek na die voorval is reeds gelas, maar in hierdie stadium lyk dit of een van die motoriste op ʼn gevaarlike manier ʼn ander voertuig probeer verbysteek het.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid het ʼn beroep op motoriste gedoen om ekstra waaksaam op die pad te wees, veral wanneer hulle lang afstande ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

dit, “motoriste op ʼn gevaarlike manier ʼn ander voertuig probeer verbysteek”, sal jy uit sekere gemeenskappe se verstand, nooit uitkry nie

Leon

Ja, en hoe dikwels sien ons nie hierdie verbysteek op die witlyn of blinde draaie of bulte nie. Terwyl die verkeersmense by hulle gewilde plekke karre voorkeer om te kyk of die lisensie en die toeter reg is.

Miskruier

WAAKSAAM, goeie genade sommige ignoreer alle padreëls.

AmY

Ons is pas terug van vakansie, en ons het gesien hoe verskriklik onverskillig die motoriste op die pad was.
Soms kon ons net ons koppe in ongeloof skud.