Vier voor oor vervalste padwaardigheid

Die Valke het toegeslaan op twee voertuigtoetssentrums in die Oos-Kaap en vier beamptes in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Vier mans het Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn in verband met bedrog wat ʼn sindikaat glo gepleeg het deur vervalste padwaardigheidsertifikate teen betaling uit te reik.

Thabisa Mahlangeni (42), Nomakorinte Zethu (39), Vuyiswa Gwantshu (46) en Lwandile Ndamana (29) is verlede week by Butterworth en Queenstown in die Oos-Kaap se voertuigtoetssentrums deur lede van die Valke se teenkorrupsie-ondersoekspan in hegtenis geneem.

Kapt. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder, sê beamptes het by die Butterworth-sentrum beslag gelê op ʼn onbekende bedrag kontant.

Hy sê die inhegtenisnemings volg nadat Andile Andrew Mlomzale (47) verlede maand in die Kaap by die lughawe-voertuigtoetssentrum aangekeer is.

“Mlomzale het glo die besonderhede van Kaapse voertuie, meestal openbare en skoolvoertuie en swaarvragmotors, na die twee Oos-Kaapse sentrums deurgegee sonder dat die voertuie ooit by enige van die sentrums getoets is,” sê Nkwalase.

Hy het na bewering die kliënte George Sauls (58) en Abraham Neethling (63) gewerf wat albei op 26 September vanjaar in hegtenis geneem is.

Mahlangeni, Zethu, Gwantshu en Ndamana is op R1 500 borgtog elk vrygelaat en sal saam met die ander drie op 3 Desember in die hof moet verskyn.

Aanklagte van bedrog en korrupsie staar hulle in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Schalk ·

Ja dis nes die aap wat sê Ludwig van Wellington het hom Moontlik self beseer n vermoede bog die politiek korrektheid laat my kots dit is 5 swartes wat n vreedsame wit families aangeval het hulle is nie mense nie hulle is Barbarella norm my nou n rassis, maar dis die realiteit jy Kan nie dink dat sulky gemors geduld word in n beskaafde samelewing nie..DIE hond wat hul skuilplek gee is net sulke gemors. PRAAT SLAG WAARHEID EN SÊ DING SOOS DIT IS EK DAAG JULLE ALMAL UIT INSLUITENDE mm. As jy nie die werklike wil sê nie Hou jou smoel.

Michael ·

Ek stem Schalk Die WIT man moet gedurig sy bek hou . Hulle bly gemors.

Hans ·

Teen die voet van die Amatolas is nog ‘n korrupte nes wat uitgerook moet word.

Mrs H ·

Hulle sal moet besluit of black empowerment die gewensde vrugte pluk, en of BE net n loophole vir korrupsie is?! Hierdie is die resultate van kommunisme en swart appartheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.