Vier voormalige staatsamptenare vas vir miljarde rande se tenderbedrog

geld 4 kontant rand

(Argieffoto)

Vier voormalige senior staatsamptenare sal na verwagting Donderdagoggend in die Palm Ridge gespesialiseerde handelshof in Johannesburg verskyn vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn tenderbedrogspul in die Gautengse departement van gesondheid. Hierdie saak word al sedert Februarie 2007 deur die Valke ondersoek.

Die vier beskuldigdes sluit in die voormalige hoof van die departement, die hoofdirekteur van inligtingskommunikasie en -tegnologie, die hoof van verskaffingskettingbestuur en die adjunk-direkteur vir uitvoerende ondersteuning.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die staat se amptelike inligtingstegnologie-agentskap (Sita) het in 2007 ʼn voorstel by die departement ingedien om voort te gaan met ʼn program vir instandhouding van inligtingstegnologie by die departement. Die totale koste van só ʼn projek sou meer as R57 miljoen vir die eerste drie jaar beloop.

“Die kontrak is toe aan ʼn private maatskappy toegeken teen ʼn koste van ongeveer R1,2 miljard, sonder om die nodige tenderprosedures te volg,” sê Nkwalase.

Die vier beskuldigdes het na bewering terugbetalings ontvang vir hul rol om te verseker dat die kontrak aan die private maatskappy toegeken word.

“Twee direkteure van private maatskappye wat voordeel getrek het uit die tender moet nog saam met hul twee maatskappye aangekla word. Die genoemde direkteure is na bewering in die buiteland, maar daar is reeds stappe gedoen om te verseker dat hulle aan die pen ry.”

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Stefan ·

Agter in my kop begin ‘n stemmetjie al hoe duideliker praat dat ek eintlik nie meer belasting wil betaal nie.
Ek betaal baaaaie swaar daaraan en sien dit dan net in ‘beamptes’ se sakke verdwyn.

Magda ·

Wens ons kon Weier om Belasting te betaal – Ek staan daarvoor 100%

Johan ·

Ons weet die twee direkteure in die buiteland is die Grypta broers. Hoop die res van die misdaad afdelings doen hulle werk soos die valke.

Kokerboom ·

Ongelooflik. Dit hou net nie op. Kla asb die HELE ANC aan vir bedrog, geldwassery, diefstal, meineed, staatskaping en korrupsie. Voeg by terrorisme, en, en, en!!!!

Surfer ·

ANC Mafia rules, hulle kla niemand aan nie, die Mafia betaal goed.

Persheks Adri ·

Goeie genade wat nog? Eintlik is ek nie geskok nie, want dis al wat hulle goed kan doen!

Ons soek die groot visse! Kom Valke stap nou by die parlement in ASB!

Deon ·

Ja moenie Ace vergeet nie , hy het n volop betaalde kaartjie vir jul taxi

Hennie J ·

As hulle by die parlement gaan instap beter hulle sekermaak daar is genoeg vervoer beskikbaar!

Stofbakkies ·

Dit gee ‘n mens moed as jy sien dat daar uiteindelik iets gebeur!

Nozi ·

As daar ooit iets gaan gebeur. Ons lees elke dag van almal wat aangekla word maar wie is nou al regtig toegesluit vir hul plundering? Ni een nie.

Deon ·

Ek stem saam met jou… Of dis borg of hospitaal of andersins mediese verskoning soosZuma se maat Shabir

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.