Vier vroue met leeudele betrap

Argieffoto: popista.com

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

Vier vroue is vandeesweek in Limpopo in hegtenis geneem nadat liggaamsdele van leeus in hul besit gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die vroue, tussen 29 en 48 jaar oud, is Woensdagaand tydens ʼn intelligensiegedrewe-operasie buite Burgersfort in hegtenis geneem.

“Die vroue, onderskeidelik van Venda, Lebowakgomo, Phalaborwa en Tubatse, is omstreeks 21:00 in Praktiseer vir die besit van liggaamsdele van twee leeus in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het twee leeus se koppe, agt pote en twee leeuvelle in die vroue se besit gevind en daarop beslag gelê.

Volgens Ngoepe is die oorsprong van die dele onbekend, asook waarvoor dit bedoel is.

Die vroue moet binnekort in die Praktiseer-landdroshof verskyn.

Ngoepe het die inhegtenisneming as ʼn deurbraak beskou te midde van ʼn vlaag voorvalle waar verskeie leeus in die provinsie vir hul liggaamsdele doodgemaak is. Die leeuslagtings hou moontlik verband met die plaaslike moetie-mark. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

snoefie ·

hierdie “mense” is heeltemal te hebsugtig en geldgierig om liefde vur enige iets te hê. instead van diesulkes beskerm kan die sapd, die media jagters eerder gaan jag maak op die skrootwerf eienaars wat die strootjagters wat heeldag van asblik na ashoop deur vullis suf vir enige iets wat hulle eerlik vir n geldjie kan gaan ruil, so in loop gaan opkeil om die mense eerlik te betaal vur wat hulle daar in bring

Johan ·

My hart stem dadelik met bg kommentaar saam. Dan vra ek myself hoe dit verskil van ouens wat jag en so ‘n dier vir die “ervaring” doodskiet. Dit is mos maar dieselfde?

BOLANDER ·

SKUIM VAN DIE AARDE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

jennefer ·

Dit lyk my sommige mense beweeg terug na die donker middeleeue, bygeloof en towenaars , hekse ens. Is dit deel van de-kolonisasie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.