Vier vroue naby Lady Frere vermoor

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die liggame van vier vroue, drie van hulle bejaardes, is die een na die ander in hul huise in ’n Oos-Kaapse nedersetting aangetref.

Die provinsiale polisie sê in ’n verklaring polisiebeamptes is Maandag omstreeks 04:00 na die huis van ’n 44-jarige vrou in die Zangqokweni-nedersetting net buite Lady Frere ontbied waar haar liggaam met verskeie steekwonde aangetref is.

Die polisiebeamptes was steeds op die toneel doenig toe hulle inligting ontvang het van nóg ’n vrou, 72, wat dood in haar huis aangetref is.

Die liggame van nog twee vroue, onderskeidelik 75 en 88 jaar oud, is later omstreeks 07:00 in hul huise aangetref.

Luidens die verklaring is die huise naby aan mekaar geleë en het al vier slagoffers steekwonde gehad.

Die polisie ondersoek vier sake van moord en is op die spoor van verdagtes. Die motief vir die moorde is in dié stadium onbekend.

Enigiemand met inligting rakende die moorde word versoek om kapt. Lindile Sigcu by 082 302 6989 te bel of die misdaadstopnommer by 08 600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tanniepetoors ·

Ag nee, híérdie is absoluut skokkend. Ek neem aan die polisie meen daar is ‘n verband tussen die vier moorde. Ek hoop die skuldige word baie vinnig.in hegtenis geneem voordat nog sulke gruweldade gepleeg word. Innige simpatie met die families van hierdie vroue.

Elize ·

‘n Mens sal sweer daar is ‘n kompetisie aan die gang. Dit hou net nie op nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.