Vier vroue vas ná trok beroof is

Foto ter illustrasie. (Foto: SAPD)

Vier vroue tussen die ouderdom van 40 en 60 sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Mkhuhlu in Mpumalanga verskyn, nadat hulle in besit gevind is van goedere wat Maandag tydens ʼn rooftog naby Hazyview gebuit is.

Die goedere is glo deur twee verdagtes tydens ʼn gewapende rooftog op ʼn trok op die R40 gebuit.

Volgens die kwartaallikse misdaadstatistieke wat Vrydag bekendgemaak is, het 354 gevalle van vragmotorkapings gedurende die eerste drie maande van die jaar plaasgevind. Dit is 72 gevalle meer as in die ooreenstemmende tyd in 2019. Die meeste hiervan het in Februarie plaasgevind. Die provinsie wat die meeste vragmotorkapings aangeteken het, is Gauteng (206) en dan Mpumalanga met 25 gevalle.

Volgens inligting wat aan die polisie verskaf is, het ʼn vragmotorbestuurder en sy kollega goedere ter waarde van R500 000 na Bosbokrand in Mpumalanga vervoer. Hulle is egter deur twee gewapende mans by Marite voorgekeer, wat hulle gedwing het om die voertuig langs die pad af te trek. Die verdagtes het die twee insittendes met vuurwapens aangehou en die bestuurder opdrag gegee om na ʼn afgeleë gebied te ry. Die slagoffers is toe van die voertuig se vrag beroof en die verdagtes het daarmee in ʼn bakkie weggery.

“In die loop van hul ondersoek het die polisie inligting ontvang oor vermoedelik gesteelde goedere wat aan inwoners van ʼn nabygeleë gebied verkoop word. Die vier verdagtes is toe in besit van die goedere, wat Maandag uit die vragmotor gesteel is, gevind en in hegtenis geneem,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê.

Die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat die trok beroof het. Die verdagtes sal waarskynlik Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tanniepetoors ·

Waarskynlik deel van die 47000 wat Cele vrygelaat het sonder DNA toetse. Gaan vra hóm waar om hul te kry. Stommerik.

Nie Verbaas ·

Hoe ry mens met so groot vragmotor se goedere op n bakkie weg?

Pietertjie ·

Die afwenteling na die totale verval in hierdie land is besig om met rasse skrede te versnel. Ramaparra sal moet besef dat dit nie net voorheen bevoordeelde paddas is wat in sy pot water op die vuur staan nie : elke enkele padda denkbaar is in daai pot, hyself ingesluit.

Kobus ·

Maroela redaksie, proeflees julle jul bergte voor julle dit plaas? Hoekom sal ‘n maatskappy ‘n vragmotor gebruik as die verdagtes die vrag met ‘n bakkie kan wegry? Jul berigte is toenemend van swak gehalte. Ag nee, kry dit reg asb

Nuff ·

Dit kan mos n deelvrag wees waarvan die meeste reeds afgelaai is.

Flip ·

Ai tog, Kobus wat sou jy in die berig geskryf het. Die berig sê mos volgens inligting wat aan die polisie veskaf is. Moet die skrywer nou die inligting verander om by jou speur denke te pas? Wie sê die trok was vol gelaai en hoe groot was die trok?

Baardman ·

Moet dan nie MM lees nie. Kyk of jy dalk op Facebook beter artikels kry.

Cecilia ·

My vraag is. Jy ry n 50ton voertuig en jy laat 2 stommerikke jou vd pad afdwing mt n bakkie wat skaars n ton weeg. As ek so vragmotor bestuurder was sou niks my stop nie. Ry hul 1 voudig plat man. 10@1 was d wapens nie errs gelaai nie.
Maar ou Hoedman vat mos ons gelisensieerde wapens weg en plass dit in d hande v kapers en rowers!

Flip ·

N 50 ton voertuig sal stadig moet ry want 50 ton is n abnormale vrag.

Tiptol ·

Die trok kan hul nogsteeds uit die pad stoot. Sit kameras in die trokke.

E ·

Daar is baie goed wat maatskappye kan doen, maar meestal wil hulle die minste spandeer, wat insluit kameras, tracking etc,etc. In die modern tyd kan padrowers sekerlik op talle maniere gefnuik word.

E ·

Die probleem is die vragmotor bestuurder sal in groter moeilikheid wees as iemand sou dood, verder laat maatskappye die bestuurders betaal vir alle skade aan voertuie. So hulle sal net se hy kon a,b,c of d eerder gedoen het. Jy weet nie hoe dit gaan met werkgewers nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.