Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê drie van die verhoorafwagtendes is laat Donderdagmiddag in Letsitele in hegtenis geneem. “Lede van die provinsiale opsporingspan het inligting opgevolg en het dit gelei tot die inhegtenisneming van Cliff Sithole, Lucas Siweya en Emmanuel Simango.” Die drie sal Maandag in die hof verskyn.
Otto het gesê die vierde verhoorafwagtende, Bernard Ndove, het hom Dinsdagaand al aan die polisie oorgegee. Volgens Otto soek die polisie intussen steeds na David Madala Mhlongo.
Die verdagtes het omstreeks 16:15 Dinsdag by die Malamulele-landdroshof ontsnap nadat een van hulle ʼn polisiebeampte oorweldig het terwyl hy na ʼn polisievoertuig vergesel is. Die gevangene het ʼn staatsvoertuig gesteel en het die ander verdagtes in die proses help ontsnap.
Die verdagtes staan onder meer tereg op aanklagte van moord, diefstal en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Lyk heel “smug” op die foto – beplan seker al klaar aan sy volgende ontsnapping…
Tronke is vir hulle soos ‘n B&B.
Bly nooit lank nie!!!