Vier weermaglede vas oor dwelms

Foto: SAPD

Vier lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is vroeg Vrydagoggend in hegtenis geneem vir dwelmhandel.

Beamptes van die Atlantis-polisie was besig om die kuslyn te patrolleer op soek na perlemoenstropers toe hulle omstreeks 04:00 ʼn weermagvoertuig met vier insittendes gewaar het.

Volgens kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het die beamptes die voertuig agtervolg toe die bestuurder skielik vinniger begin ry en agterdog gewek het.

“Die voertuig is eindelik voorgekeer en deursoek waarna daar op dagga ter waarde van R50 000 beslag gelê is.”

Vier verdagtes, tussen 30 en 51 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Maandag in die Atlantis-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SomeOne ·

en dit nogal in ‘n weermag voertuig, het sy basis niks agter gekom met sy ritmagtigings papiere nie

Persheks Adri ·

Uniforms uniforms uniforms julle is voorwaar ‘n skande vir die land! Shame on you pffft

tweeling ·

Nou wat anders kan hulle doen. Die weermag is nie funksioneel nie so nou soek hulle maar ander aktiwiteit

Mariana ·

Lekker man lekker. Hoe het ons weermag, eens die trots van onse eens mooie land nie ook niks geword nie. Hoe hartseer dat als tot niet gaan.

christo ·

In die goeie ou dae van die SAW sou dit ‘n skande onder nasionale dienspligtiges gewees het. Ons was vrek bang vir die ‘n krygsraad en om DB te gaan.
Geen werkgewer sou jou aangestel as jy ‘n oneervolle ontslag gehad het. Die SANW is soos al die staatsdepartemente vrot van korrupsie tot in die kern.
Ook maar goed hulle dra nie meer ons ou ‘browns’ nie, want was trotse lede van die weermag. Die gekamoefleerde uniforms lyk soos pajamas.

Pieter J ·

Uniforms word gesien as ń instument om misdaad te pleeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.