Vierde boef gesoek wat polisiestasie beroof

Nkanye Matshidiso word gesoek in verband met ‘n roof by ‘n polisiestasie in die Noord-Kaap. (Foto: Verskaf)

Die polisie is op soek na ʼn vierde verdagte wat betrek word by ʼn rooftog in Oktober verlede jaar by ʼn polisiestasie in die Noord-Kaap.

Volgens ʼn mediaverklaring deur die Valke is die 28-jarige Nkanye Matshidiso, ook bekend as “Papa”, geïdentifiseer as een van die verdagtes in die rooftog waartydens polisiebeamptes by die Windsorton-polisiestasie ook aangehou is.

Maroela Media het destyds berig ’n Wit Audi A3 met ’n Botswana-registrasienommer het op 2 Oktober omstreeks 22:30 voor die polisiestasie stilgehou waarna vier verdagtes vuurwapens op polisielede aan diens gerig het. Die verdagtes het die beamptes vasgebind voordat hulle met twee R5-gewere, vier 9 mm-pistole en ammunisie op die vlug geslaan het. Polisiebeamptes se persoonlike items is ook gebuit.

Later sou dit bekend word dat die voertuig vroeër die aand by ’n vulstasie in Jan Kempdorp weggejaag het sonder om vir brandstof te betaal.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, het gesê drie ander verdagtes is reeds vasgetrek en bly in aanhouding. Enigiemand met inligting oor waar Matshidiso hom bevind, kan die ondersoekbeampte, lt.kol. Moleleki Mputsoe, by 082 784 3004 of sers. Thapelo Moshe by 082 469 6359 bel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Daleen

Dit se baie van ons polisiemag dat skelms ‘n polisiestasie teiken……

Simon

Is die opskrif van die artikel korrek? Kan verseker nie “polisiestasie” wees nie. Of dalk funksioneer daai polisiestasie nie meer nie. Ai! Het nou so pas uit ‘n lekker droom wakker geskrik en besef ek is in Suid-Afrika!

Scalla

Only in South Africa

Elsie

Baie geluk

twaalfboor

Ek is al 35 jaar in die polisie. Graag wil ek weet hoe word ñ polisie stasie beroof en die rowers kom weg. “Mind blowing”