Vierde kind se liggaam gevind

(Foto: @BOSBEER2006/Twitter)

Die liggame van vier seuns is uit ʼn gat langs die N2 in Kaapstad in die Wes-Kaap gehaal.

ʼn Noodoproep is Maandag net ná 15:00 oor die voorval ontvang, het Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, gesê.

Spanne van die Gugulethu- en Mitchells Plain-brandweer is na die toneel naby die N2/Borcherds Quarry-aansluiting ontbied.

Beamptes en reddingswerkers is op die toneel meegedeel dat kinders in die gat geval het. Tegniese reddingspanne van die metro se nooddiens is ook na die toneel ontbied.

Die liggame van twee seuns is net ná 18:00 uit die gat gehaal. Snuffelhonde is ook in die soektog ingespan en die liggaam van ʼn derde seun is net ná 21:00 uit die gat gehaal.

Die liggaam van die vierde seun is net ná 02:20 Dinsdagoggend uit die gat gehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chantel ·

My hart, so bitter jammer vir die gesinne van hierdie jong kinders. Sterkte

modiglianigirl ·

As die kinders in die skool was en nie uit verveeldheid hulself moes vermaak deur onkundig op lewens gevaarlike plekke rond te speel nie, sou die tragedie sekerlik nie plaas gevind het nie.
My hart is stukkend.

JohanEtz ·

Ai hartseer vir die geliefdes. Hoe de hel val 4 kinders in dieselfde gat?

RS ·

Baie jammer vir hulle…maar ek is seker almal vra nou…”wie gaan die blaam kry?”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.