Vierde LP bedank ná kabinetskommeling

Ngoako Ramatlhodi (regs). Foto: GCIS

Adv. Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van staatsdiens en administrasie, het ook as ANC-LP bedank.

Die kantoor van die ANC-hoofsweep het in ‘n verklaring bevestig Ramatlhodi het bedank met onmiddellike effek van 31 Maart. “Ramatlhodi het sy dankbaarheid teenoor die mense van Suid-Afrika, die leierskap en lede van die ANC sowel as sy kollegas in die parlement uitgespreek vir die vertroue wat hulle oor die jare in hom gehad het.”

Sy bedanking volg op dié van Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie. Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies en Dipuo Peters, voormalige minister van vervoer, wat ook vroeër as LP’s bedank het.

Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, is in Ramatlhodi se plek aangestel.

Lungisa Fuzile, direkteur-generaal van finansies, se bedanking is ook vroeër deur die Tesourie bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

zoom zoom ·

Net jammer dit is nie zumpie en sy tjommies wat bedank.

apie ·

ek hoop die afgedanktes en bedankers gaan alles uitlap. ek sit my geld daarop

Cherokee ·

Ek dink nie jou geld is baie veilig nie. Hy skaakmat hulle steeds op ‘n manier.

Hoe nou? ·

Ek verstaan nie die bedankery nie, hulle is VERVANG met ander ministers na die kabinetskommeling, moet jy dan nogsteeds bedank of net die SKIMP vang en loop? Dalk verstaan ek net nie die system nie.

Cherokee ·

Duidelik verstaan jy dit nie. Die rede vir hul bedankings het niks met lojaliteit weens enigeen of enigiets behalwe hul bankrekenings te doen. Hulle kan aanbly as LP’s met verminderde voordele. Indien hulle nou bedank, word die bedankings gedoen vanuit hul ministersportefeuljes en hulle tree af met ‘n vèèl groter pensioen.

Basjan ·

Ek wonder nou maar net: Die mense wat so bedank het, is hulle nou heeltemal uit die parlement uit, of verdien hulle nog so ou ietsie onder die tafel deur? Ek kan my nie indink dat hulle die soustrein sommer net so vrywilliglik sal verlaat nie. Wat sê julle slim mense?

Cherokee ·

Lees my antwoord net bo jou kommentaar. Nou tree hulle af as ministers en nie as LP’s, wat hul pensioene dus veel groter maak. Steeds net skep.

broos ·

bedank hulle uit prinsiep of bedank hulle omdat hulle weet daar is ‘n vet tjek wat wag???
hoop van harte dis die eerste maar kan nie help om te wonder nie….

huggy bear ·

Die.bedankings gaan om geld.
As hulle vinnig genoeg.na afdanking as Minister bedank word pensioen en ander voordeel beteken op laaste salarise as Minister.
Anders word dit beteken op laaste salarise van gewone LP. LP se salarise is duidelik minder as Minister s’n.
Q E D

Nellie ·

Dit is hoe ek dit ook verstaan – hulle pensioen uitbetalings is meer, omdat ‘n minister se salaris meer is (dit is hoekom hulle almal bedank met effek 31 Maart). Dit maak sin – ek sou seker dieselfde besluit neem as dit my pensioen uitbetaling so direk sou raak. Maar dit bly jammer – hulle sou ‘n verskil kon maak as LP’s, veral as dit by die opkomende stemmery kom.

Thea ·

Ai woorde sal niks doen….
Sterkte SA…. MAG die OPPERHAND NOU intree….. So deurmekaarspul kan jy dit glo….. Groot SIRKUS nou… sterkte SA

Magda ·

Dankie Cherokee dat jy ons so goed inlig…het geweet hulle sal nie sommer so bedank sonder beste voordeel vir hulself nie!!

Susan ·

Hierdie terug dateer van bedankings is sodat hulle kan uittree as minister met die voordele van minister in plek en nie ‘n gowone LP nie … geld / pensioen BAIE meer .. moet as onreelmatig gesien word as dit terug dateer… !!!!!!! DIT GAAN OM GELD!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.