Vierde man vas oor polisiekaptein se moord

Kapt. Kenneth Poortman Foto: Kenneth Poortman, Facebook

Kapt. Kenneth Poortman Foto: Kenneth Poortman, Facebook

ʼn Vierde man is in Pretoria in hegtenis geneem in verband met die moord op polisiekaptein Kenneth Poortman.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het in ʼn verklaring gesê die Valke het ʼn 34-jarige verdagte in die middestad van Pretoria in hegtenis geneem in verband met Poortman se moord. Hy sal na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig drie mans wat vroeër in verband met die moord in hegtenis geneem is, het Dinsdag in die hof verskyn. Sipho Alfred Tlou (25), Thabo Mampa (ouderdom onbekend) en Themba Mbowane (34) is in Winterveld, noord van Pretoria, in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklag van moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede, en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hulle moet op 5 Januarie weer in die hof verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog.

Poortman (47) is in Pretoria gekaap, in die bolyf met ʼn skerp voorwerp gesteek en langs Theo Martinweg gelos. Sy vrou, ao Anne Poortman, woordvoerder van Pretoria-sentraal-polisie, is na die toneel ontbied waar sy haar man se liggaam uitgeken het.

Die verdagtes het na bewering sy vuurwapen afgeneem en in sy motor na Winterveld gery waar die drie mans in hegtenis geneem is. Poortman se motor en vuurwapen is gevind.

Lees alle vorige berigte oor Kenneth Poortman op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karolis ·

Ons moet die Valke oorreed om plaasmoorde te ondersoek.
Hierdie ouens vaar uitstekend met hulle ondersoeke. Wel gedaan Valke.

jean ·

Tragies..lewe is so min werd deesdae.sterkte aan sy familie wat hy agterlaat..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.