Vierde mynwerker sterf in skag

Argieffoto

ʼn Vierde mynwerker van die Sibanye-Stillwater se Kloof Ikamvaskag naby Westonaria suidwes van Johannesburg se liggaam is opgespoor.

Thabisile Phumo, die myn se hoof van aandeelhouerskakeling in Suid-Afrika, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die werker se liggaam is opgespoor in ʼn verlate afbouplek in dié skag.

“Gespesialiseerde ondergrondse reddingspanne het deur die nag gewerk om die werknemer op te spoor en na die oppervlak te bring, maar dit is tans onduidelik presies hoe lank dié proses sal duur,” het Phumo gesê.

Die soektog na die vyfde werknemer duur egter voort en meer inligting sal deurgegee word namate dit beskikbaar word.

Maroela Media het vroeër berig die vyf werkers het glo ʼn verlate werkplek binnegegaan en vermoedelik weens gas en hitte gesterf. Volgens Phumo sal die voorval deeglik ondersoek word.

Sibanye-Stillwater het sy medelye met die gesinne, vriende en kollegas van die vier oorledenes betuig. “Mynbedrywighede by Kloof se Ikamvaskag is vir ʼn dag van rou gestaak.”

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Maandag gesê hy is kwaad en bekommerd oor die koers waarteen mynongelukke by die Sibanye-Stillwater-ondernemings plaasvind.

NUM meen dit blyk rampe het nou aan die orde van die dag geword by Sibanye-Stillwater. Peter Bailey, NUM se voorsitter van gesondheid en veiligheid, het gesê: “Dit is onaanvaarbaar, ons verkoop nie ons lewe, ledemate of longe aan die bedryf nie – net ons arbeid om vir ons gesinne te voorsien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie du Preez ·

Dit is onaanvaarbaar dat daar nog in mense omkom in ou areas (madala sides) van n myn …iewers het iemand nie hul werk gedoen om te verseker dat sulke areas geseel word ..die enviromental dept het beacon heads reg oor die myn wat giftige gasse monitor …waar en wie het dit geignoreer ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.